Gaan na inhoud
← Alle onderwerpe
Kennisgewings

Kennisgewings vir een produk

Hoe jy kennisgewings vir 'n enkele AYA-produk aan- of afskakel sonder om aan die ander te raak.
Het jy baie produkte, wil jy dalk net oor sommige van hulle 'n boodskap kry. Elke produk het sy eie aan- of afskakelaar, sodat jy dit een vir een kan beheer.

So doen jy dit op die produk

  1. Maak die produk vanaf die tuisskerm oop.
  2. Tik op die ratjie regs bo.
  3. Onder Kennisgewings tik jy op die reël Kennisgewings aan om hulle af te skakel. Dit verander na Kennisgewings af.
  4. Tik weer om hulle aan te skakel.
Aan en af vir kennisgewings in die produk se instellings
Aan en af vir kennisgewings in die produk se instellings

So doen jy dit vir almal op een slag

  1. Tik op die ronde ikoon met jou voorletter regs bo om jou instellings oop te maak.
  2. Onder Stootkennisgewings staan al jou produkte, elkeen met sy eie aan- of afskakelaar.
  3. Tik op 'n produk om te wissel.
Skakel jy kennisgewings vir 'n produk af, kry jy ook geen e-pos as rugsteun daaroor nie. Die vinder kan jou steeds bel en skryf.

Goed om te weet

  • Aan en af geld net vir jou. Diegene met wie jy die produk deel, het hul eie aan- of afskakelaar.
  • Wil jy heeltemal verhoed dat iemand jou deur die QR-kode kontak, pouseer dan eerder die produk.
  • Staan daar Kennisgewings geblokkeer in jou instellings, het die foon nee gesê. Maak die foon se Instellings oop, vind AYA en skakel kennisgewings aan.
Nie die antwoord gevind nie?
Skryf aan ons