Gaan na inhoud
← Alle onderwerpe
Deel met jou gesin

Voeg 'n kontakpersoon by

Maak byvoorbeeld 'n grootouer, 'n buurman of 'n familielid kontakpersoon, sodat hulle boodskappe en oproepe kry wanneer die produk geskandeer word.
'n Kontakpersoon is 'n ekstra volwassene wat boodskappe en oproepe kry as iemand die produk vind, byvoorbeeld ouma, 'n buurman of 'n familielid van 'n senior. 'n Kontakpersoon kan niks op die produk verander nie.

So doen jy dit

  1. Maak die produk oop en tik op die ratjie (Instellings).
  2. Vind Mense en tik Voeg iemand by.
  3. Tik die persoon se naam in, byvoorbeeld Ouma.
  4. Kies die rol Kontakpersoon.
Die rol Kontakpersoon is gekies
Die rol Kontakpersoon is gekies
  1. Tik Deel 'n skakel of QR-kode, en stuur die skakel met Deel, Kopieer skakel of Wys QR-kode. Jy kan ook 'n e-pos intik en Stuur die uitnodiging per e-pos tik.
  2. Die kontakpersoon maak die skakel op sy eie foon oop en tik Aanvaar. Tot dan kry die persoon niks.

Die kontakpersoon se eie bladsy

Wanneer die kontakpersoon aanvaar het, lê die produk onder Met my gedeel op die tuisskerm. 'n Tik op Maak oop wys 'n eenvoudige bladsy met die jongste skandering.
Die kontakpersoon se bladsy met die jongste skandering
Die kontakpersoon se bladsy met die jongste skandering
  • Bo-aan staan Jy het toegang tot en die produk se naam.
  • Laas geskandeer wys die tyd, en Wys op kaart maak die ligging oop. Is die ligging net 'n skatting, staan daar Benaderde ligging.
  • Is daar op die oomblik 'n oproep aan die gang, kan die kontakpersoon Sluit by die oproep aan tik.
  • Wil die kontakpersoon nie meer boodskappe hê nie, tik hulle Hou op om boodskappe te kry en daarna Ja, hou op.

Goed om te weet

  • 'n Kontakpersoon kry boodskappe en oproepe, maar sien nie geskiedenis en boodskappe nie en kan nie die naam, notas of pouse verander nie. Moet die persoon dit kan doen, kies dan Medeouer.
  • Jy kan die rol enige tyd verander met Verander rol onder die persoon in die lys.
  • Daar kan hoogstens 5 mense buiten jou op 'n produk wees.
  • Op 'n herbruikbare polsband heet dit Ekstra kontakpersone, totdat deel vir jou oopgestel is. Daar kan jy tot twee mense met naam en e-pos byvoeg.
Nie die antwoord gevind nie?
Skryf aan ons